Covid-19

Hoe kan jy help?

Laat reg geskied aan armes en wese.
Verdedig die saak van die hulpelose en behoeftige. 

Psalm 82:3
Hierdie is 'n moeilike en ongemaklike tyd, maar veral vir die weerloses. Hier is vier maniere hoe jy kan help om 'n verskil te maak in mense se lewens.

Hou jou commitments

Covid-19 het 'n groot effek op ons land se ekonomie. As jy kan, hou jou commitments. Betaal steeds jou huishulp & tuinwerker al moet jy nou self stryk en die gras sny. Betaal steeds jou skoolfonds, al moet jy nou "home school".

Gee wat jy kan

Dra finansiëel by of gee kos en klere wat ons aan die weerloses kan versprei.
NG Gemeente Valleisig ABSA Tjekrekening 1630170741
Takkode 632005 Verwysing:
jou naam & "wonderwerk"

Deel die Goeie Nuus

Deel die evangelie deur boodskappe en HuisGeloof videos wat iets vir jou beteken het, aan te stuur.

Sê as iemand swaarkry

As jy van iemand spesifiek weet wat swaarkry, laat weet ons. Ons wil help. Ons kan nie altyd met alles nie, maar ons het konneksies :)

Het jy enige ander idees of voorstelle
oor hoe om 'n verskil te maak?

Deel dit met ons!

Enige vrae of voorstelle oor hoe om te help?

Ons wil graag van jou hoor.