As 'jou huis is waar jou hart is', dan bring dit die vraag op 'waar is jou hart'?  Wat laat jy toe tot in jou binneste?  
Watter drome, hoop, teleurstellings, twyfel, skuldgevoelens, woede, pyn, blydskap leef binne jou?  
Die evangelie is die Goeie Nuus.  Die goeie storie.  Dit gee vir ons die kans om 'n beter storie te vertel.  Om 'n beter storie te leef.
Om hierin te groei, moet jy hierdie storie van Jesus tot in die binnekamers van jou hart toelaat. Om dit te laat leef saam met en tussen die mense wat vir jou die kosbaarste is. Jou gesin, jou familie, jou vriende.

Valleisig HuisGeloof is hier om jou te help groei in hierdie Jesus storie!