Seksualiteit... dit wat jy nie op jou troudag geweet het nie

May 20, 2021    Ds Dewald Niemandt & Dr Doret Niemandt    #Pinkster2021 #Bouaanjouverhouding #GodseGees

Hoe gelukkig is jy nou in jou verhouding? Hoe gelukkig dink jy is jou lewensmaat in hierdie verhouding? Wanneer laas het jy jou jou man/vrou hartstogtelik gesoen? Wanneer laas het jy regtig moeite gedoen vir ’n
date? Dis nie dat jy nie wil moeite doen nie, daar is net nie nou tyd nie. Is dit regtig ’n tyd ding, of is dit eerder ’n energie ding? Partykeer brand daardie vlam wat tussen julle was net nie meer so helder nie.

Wat kan die Bybel ons leer oor seksualiteit en oor hoe om te bou aan jou verhouding?